INTERPELLASIES

Wes-Kaapse Taalkomitee

*1.	Mnr A R Winde vra die Minister van Omgewing- en Kultuursake:

Of vordering met die implementering van die Wes-Kaapse Taalkomitee gemaak is; so ja, watter vordering?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, die Wes-Kaapse Taalkomitee is in April 1999 ingestel kragtens die Wes-Kaapse Provinsiale Talewet, Wet 13 van 1998, en die Wet op die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT), Wet 59 van 1995.

Die 11 lede van die Taalkomitee is deur die publiek benoem en deur die Minister van Kultuur aangestel, en is verteenwoordigend van die tale wat in die Wes-Kaap gepraat word. Hierdie statutre komitee het onder meer die wetlike verpligting om veeltaligheid en die ontwikkeling van die voorheen gemarginaliseerde inheemse tale soos isiXhosa en die Koi-tale in die Wes-Kaap te bevorder. Dit is ook getaak om die gebruik van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap, naamlik Afrikaans, Engels en isiXhosa, deur die Wes-Kaapse Provinsiale Regering te laat monitor. Die Wes-Kaapse Taalkomitee moet ingevolge die Wet behoeftes bepaal oor taalaangeleenthede en moet enige persoon, organisasie of instelling ondersteun in di verband. Taalnavorsing word genisieer, projekte word van stapel gestuur en 'n databasis word opgebou van mense, organisasies, en so meer, wat betrokke is by taalaangeleenthede in die Wes-Kaap.

Die Taalkomitee werk nou saam met die Wes-Kaapse provinsiale departemente om te streef na die gelyke gebruik van Afrikaans, Engels en isiXhosa sodat daar gelyke toegang tot dienste is vir al die inwoners van die Wes-Kaap.

Ten opsigte van die bevordering van veeltaligheid word 'n reeks werkkursusse met die sakesektor, vakbonde, onderwys, biblioteke, uitgewerye, die media en provinsiale plaaslike owerhede beplan. Dit sal plaasvind vanaf 5 tot 9 Junie 2000, en die doelwit is om behoeftes te bepaal en die rolspelers se menings en idees in te win.

Die Taalkomitee ken ook jaarliks drie studiebeurse toe aan studente vir nagraadse studie in 'n taalverwante rigting. Finansile ondersteuning is ook voorsien vir goedgekeurde taalprojekte.

*Mnr A R WINDE: Mnr die Speaker, ek wil die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake graag bedank. Dit is vir my aangenaam om te sien dat hierdie komitee nou aangestel is. Dit is duidelik dat die bevordering van veeltaligheid en die beskerming van taalregte nie vir die ANC 'n prioriteit is nie, ... [Tussenwerpsels.] ... hoewel ons aanvaar en pynlik bewus is daarvan dat daar 'n behoefte aan prioritisering in hierdie land is en dat prioriteite soos aandag aan misdaad, Vigs en armoede, om slegs 'n paar te noem, voorkeur bo taal geniet.

Taal - terloops, party Suid-Afrikaners leer - en die wyse waarop ons met mekaar kommunikeer, het egter 'n direkte uitwerking op ons grootste probleem. Een klein, betekenisvolle voorbeeld is dat Kaapstad se noodreaksiediens tot onlangs nie een isiXhosa-sprekende telefoonbediener gehad het nie. Hierdie oorsig bedreig nie die een of ander ontasbare kulturele reg nie, dit bedreig lewens. Ja, taal moet ingesluit word by die voorkeure van die nasionale Regering. Dit is vir my aangenaam om te sien dat daar in hierdie verband vordering in hierdie Provinsie Regering is.

*Me L BROWN: Mnr die Speaker, dit is baie interessant dat iemand wat so belangstel in en ernstig is oor taal en hoegenaamd nie oor taal gepraat het nie, soos die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake, dink dat die ANC nie dink dat taal 'n belangrike saak is nie. [Tussenwerpsels.]

In die lig van die wanpraktyke van die verlede, waar een taal elke ander taal in hierdie land oorheers het, het ons slegs in hierdie provinsie 'n situasie gehad waar inheemse tale, met inbegrip van 'n taal wat baie mense praat, naamlik isiXhosa, hoegenaamd nie bevorder is nie. My vraag en die kwessie wat ek by die agb Minister wil aanroer, is: wat is sy visie vir hierdie taalraad? Hoe gaan hy verseker dat hierdie raad in staat is om al drie tale gelyk te bevorder maar die standaard en status van isiXhosa in hierdie provinsie op 'n billike wyse te verhoog? Dit is die soort sake waaraan die agb Minister na my mening moet aandag gee.

Die ander saak is natuurlik die feit dat ons by die aanstelling van hierdie kommissie baie duidelik ges het dat ons baie streng moet wees wanneer ons oor die samestelling van 'n taalraad praat en moet verseker dat die dialekte ook verteenwoordig word. Mense op die Kaapse Vlakte praat nie Afrikaans soos die mense van Namakwaland nie, en daar is niks verkeerd met die Afrikaans wat die mense op die Kaapse Vlakte praat nie. Hoe sal die agb Minister dit hanteer?

Die probleem wat ons inderdaad het, is dat die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme in die provinsiale Grondwet melding gemaak het van die feit dat ons met ons beperkte hulpbronne slegs die status en statuur van een van die drie tale, isiXhosa, tot sy volle potensiaal kan verhoog en verbeter. Die agb Minister weet hoe Afrikaans in hierdie land ontwikkel is. Hy weet hoeveel gedenktekens ons vir Afrikaans in hierdie land het. Hy moet vandag hier aan ons s hoe hy 'n taal soos isiXhosa, wat 'n volwaardige derde taal in die provinsie is, tot dieselfde statuur as enige van die ander tale gaan verhef en hoe hy daarvan 'n onderrigtaal ten opsigte van wetenskappe en letterkunde gaan maak. Dan eers kan ons praat oor of die Taalraad werklik uitvoering gee aan sy grondwetlike vereistes.

Mnr A J WILLIAMS: Mnr die Speaker, die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, artikel 6(4) en (5), gee opdrag aan die nasionale en provinsiale regerings om deur middel van wetgewing taalkwessies te reguleer en te moniteer. Die Wes-Kaap het hieraan uitvoering gegee. Taal bly 'n netelige aspek van ons samelewing. Die oorsake en die gevolge wat gelei het tot Jeugdag op 16 Junie is 'n onuitwisbare bewys daarvan. Nasionaal is daar die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad en in die provinsies die Taalkomitees om om te sien na die regte van tale.

Toe ek ons Wes-Kaapse Premier op 27 Mei 1999 by die inhuldigingsvergadering van die Nasionale Koisan Forum in die Pretoria Hotel op Upington verteenwoordig het, het die afgevaardigdes van die verskillende Koi- en San-groepe met reg aangedring op die erkenning van hul taal en kultuur. Ons sal in die Wes-Kaap ook daadwerklik moet aandag skenk aan hierdie tale van ons voorgeslagte.

In artikel 5 van die Wes-Kaapse Grondwet staan dit duidelik, vir di wat dit wil lees en verstaan, en ek haal aan:
(2) Die regering van die Wes-Kaap moet sy gebruik van Afrikaans, Engels en isiXhosa deur wetgewende en ander maatrels rel en moniteer.

(3) Die provinsiale regering moet praktiese en daadwerklike maatrels tref om die status en gebruik van di inheemse tale van die mense van Wes-Kaap waarvan die status en gebruik histories ingekort is, te verhoog en te bevorder.

*Die Wes-Kaapse Taalkomitee is gestig ingevolge die Wes-Kaapse Provinsiale Talewet, Wet 13 van 1998, wat die ontwikkeling van veeltaligheid bevorder. Wyle prof Johan Combrink van die Universiteit van Stellenbosch is tot eerste voorsitter verkies van die Wes-Kaapse Provinsiale Taalkomitee van 11 lede, wat gestig is om die gebruik van die drie amptelike tale te moniteer en te bevorder.

In die Sunday Times van 18 April 1999 het wyle prof Johan Combrink ges, en ek haal aan:

We were driving home the point that isiXhosa and Afrikaans are equally important to English in the Western Cape. We have to look at equity in the three languages. We have to promote language awareness in communities and then also promote minority languages such as sign language and the San languages.

Dit was hoe wyle prof Johan Combrink die taak van sy komitee gesien het. Ek wil h dat ons in hierdie Huis die nagedagtenis van wyle prof Johan Combrink sal eer vir sy opregte pogings om veeltaligheid in die Wes-Kaap en in Suid-Afrika tot sy reg te laat kom en om veral wedersydse respek vir ons tale te kweek. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ek gaan my tot die agb lid me Brown rig. Ek deel haar kommer, maar ek gaan herhaal wat ek vroer ten opsigte van haar sorge ges het, naamlik dat die statutre komitee wetlik daartoe verbind is om meertaligheid en die ontwikkeling van voorheen gemarginaliseerde inheemse tale te bevorder. Ek wil ook herhaal dat die taalkomitee hom sal beywer vir die gelyke gebruik van Afrikaans, Engels en isiXhosa om gelyke toegang tot alle inwoners van die Wes-Kaap te verskaf.

Ek het volle vertroue in hierdie komitee. Ek beskou dit as verteenwoordigend van die tale wat in die provinsie gepraat word. Ons het 'n nuwe voorsitter, prof Isobel Cilliers, wat verantwoordelik sal wees vir tolk- en vertaalwerk. Ons het vier lede wat die Afrikaanse taal verteenwoordig, twee lede wat die Engelse taal verteenwoordig, twee lede wat die isiXhosa taal verteenwoordig, een lid wat Koi, Nama en San verteenwoordig en een lid wat gebaretaal verteenwoordig. Ek dink daarom dat dit 'n baie verteenwoordigende komitee is en ek het vertroue in hul vermo om aandag te gee aan die kwessies wat deur die agb lid me Brown aangeroer is.

*Mnr A R WINDE: Mnr die Speaker, ons in hierdie Provinsie en in hierdie party neem tale baie ernstig op. [Tussenwerpsels.] Uit wat die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake so pas ges het, kan ons die voorloper wees en inderdaad aan ander provinsies in hierdie land die pad vorentoe ten opsigte van taal aanwys. Ek bedank die agb Minister hiervoor en stel voor dat hy afskrifte van waarmee hy besig is aan die ander provinsies stuur.
*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ek het niks verder te s nie.

Tehuise vir bejaardes

*2.	Mnr D Silke vra die Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste:

Watter toesighoudende maatrels in plek is en watter kontroles ingestel is om te verseker dat tehuise vir bejaardes in die provinsie op 'n professionele wyse bestuur word en teen voorvalle van mishandeling gevrywaar is?

Die WAARNEMENDE MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE: Mnr die Speaker, ek reageer graag op die vraag. Alle gesubsidieerde en privaat residensile fasiliteite wat ouer persone versorg, moet in terme van artikel 3 van die Wet op Bejaardes, 1967, en die Wysigingswet op Bejaarde Persone, 1998, as 'n tehuis vir bejaardes registreer.

Registrasie van sodanige fasiliteite impliseer dan ook die inspeksie, en dit is ingevolge artikel 4, van sodanige fasiliteite. Voorwaardes vir registrasie sluit ook in 'n regulerings- en moniteringsfunksie deur die Staat. Dit verseker dat sodanige fasiliteite op 'n professionele wyse bestuur word en voldoen aan die minimum norme en standaarde.

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, ons was almal 'n paar maande gelede baie geskok deur die dokumentre televisieprogram op Carte Blanche oor die toedrag van sake in baie van ons tehuise vir bejaardes. Dit is juis die rede waarom ek hierdie saak na die Huis gebring het.

Ek bring hierdie interpellasie na die Huis omdat dit 'n bron van kommer ophaal, nie om dit wat tans aan die gang is, uitmekaar te trek nie. Miskien moet ons voortgesette ondersoeke h na wat tans aan die gang is. In hierdie provinsie is daar 140 tehuise vir bejaardes en 166 dienssentrums onder ons jurisdiksie, en hierdie twee sorg tussen mekaar vir iets soos 25 000 bejaardes.

Uit samesprekings met die Departement van Maatskaplike Dienste blyk dit duidelik dat die monitering waarna die agb Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste verwys het, inderdaad ernstig belemmer word deur 'n gebrek aan vermo in daardie departement. Ons het in omtrent elke enkele departement probleme met monitering vanwe personeelstaat- en begrotingsprobleme.

As ons egter hierdie inrigtings professioneel gaan registreer en moniteer, moet ons die departement vanselfsprekend verder bemagtig as die enkele persoon wat, soos ek verstaan, die vermo het om na bejaardes of senior burgers in hierdie provinsie om te sien. Dit is werklik een van die belangrikste redes waarom ek hierdie interpellasie na die Huis wil bring. As ons nie kan moniteer nie, kan ons nie werklik doeltreffend uitvind wat in daardie tehuise aan die gang is nie.

Ek dink die dokumentre program was 'n wekroep vir ons almal regoor Suid-Afrika, en dit is 'n wekroep aan ons in die Provinsie om ons eie sake in orde te kry. Dit is heel moontlik wel in orde, maar ek is bevrees ek moet s dat indien ons na daardie versteekte kameras kyk wat in daardie spesifieke televisieprogram gebruik is, dit baie moontlik is dat die tehuise reg langs my woning of waar enige van ons woon, inderdaad die probleemgebiede kan wees. Dit is die sleutelrede vir hierdie interpellasie. Ek vra dat aandag gegee word aan die verbetering van die moniteringsvermo in hierdie departement.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, in die lig van die ereplek wat die agb Premier tereg aan die kwessie van die mishandeling van bejaardes in sy Openingsrede gegee het, is ek baie verbaas dat die agb Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste in sy antwoord bloot bevestig het dat die regulasies wat die registrasieproses vir tehuise vir bejaardes beheer, ondersoek behoort te word. In die lig van die protes, die kommer en die feit dat ons vandag hier is om dit te debatteer, dink ek werklik dat ons veel meer konkrete stappe moet doen.

Die agb Waarnemende Minister moet dink of dit nie vir ons tyd geword het om 'n ombudsmanstruktuur vir die bejaardes in die Wes-Kaap te vestig nie - mense wat ons kan vertrou om na die bejaardes te luister, wat ons van raad kan bedien en wat boonop inspeksies by party van die tehuise vir bejaardes kan uitvoer.

Ek glo ook dat dit werklik goed sou wees as dit oor verskillende sektore heen kon sny. Ons moet byvoorbeeld die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning oorreed om 'n noodlyn van tehuise vir bejaardes te h waarop die polisie onmiddellik sou reageer, want hulle reageer so stadig op hul oproepe as wat hulle partykeer op ander oproepe reageer. 'n Soortgelyke noodlyn behoort na ambulansdienste ingestel te word sodat hulle nie moet bly wag nie. Dit sou geskikte wyses wees waarop ons aan hierdie probleme kon aandag gee.

'n Groot mate van mishandeling geskied ook tydens die staptog tussen 'n huis of gerief en die kliniek. Kan ons nie 'n wederkerige verhouding tussen die kliniekpersoneel en die gerief h, waar een verpleegster kon uitgaan om na die toestand van mense te kyk nie? Miskien is dit iets wat oor die sektore heen in die Kabinet beding kan word.

'n Tolvrye telefoonlyn na die departement of na 'n ombudsmanstruktuur sou ook die anonieme aanmelding van mishandeling grootliks vergemaklik, sodat die persoon wat in daardie tehuis kwesbaar is, hom- of haarself nie hoef bloot te stel deur te s wie die oortreder is nie. 'n Tolvrye lyn sou op hierdie wyse aangewend kon word.

'n Mens sou ook oorweging kon gee aan die aanstelling van 'n konsultant om party van die tehuise vir bejaardes, veral op die Kaapse Vlakte, te besoek waar 'n mens nie geskikte alarm- of veiligheidstelsels het nie, en miskien sou die konsultant aanbevelings kon maak oor hul algemene veiligheid. In misdaadgeteisterde gebiede kom party van die bedreigings van tehuise vir bejaardes van buite. Hulle sien die tehuis vir bejaardes as 'n bron van hulpbronne waarby hulle moet inbreek om iets te kry.

Kom ons los party van die praktiese probleme op 'n konkrete wyse op. Miskien moet ons kommer verder strek as blote monitering en om te s dat die wette bestaan. Ons het bykomende wetgewing nodig. Die agb Premier se Openingsrede het daarop gedui dat die bestaande maatrels nie voldoende is nie. Die agb Waarnemende Minister laat die agb Premier in die steek deur nie hierheen te kom met 'n dringender benadering tot die kwessie van die mishandeling van bejaardes nie.

Die WAARNEMENDE MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE: Mnr die Speaker, ek wil nie net na die wetgewing verwys nie, maar ook na die Wysigingswet op Bejaarde Persone, Wet 100 van 1998, waarvolgens die aanmelding van mishandeling nou 'n statutre verpligting is. Die tandartse, mediese praktisyns, verpleegsters, maatskaplike werkers en enige ander persoon wat dit agterkom, moet 'n register daarvan hou en dit moet aangemeld word.

Ek kan in baie opsigte met die twee agb lede saamstem. Dit l my baie na aan die hart, maar ek moet vir agb lede s van die organisasie, Help Elderly Abuse Line, wat HEAL genoem word. Die tolvry nommer is 0800 003 081. Enigiemand kan enigiets by hulle aanmeld waar daar moontlike probleme ontstaan. Ek kan vir agb lede s dat in die kort tydjie wat ek in hierdie posisie is, ek twee verwysings van hulle kant af gekry het en dat daardie verwysings ook opgevolg is.

Dit is moontlik dat ons meer kan doen met meer hulpbronne en meer personeel. As daar 'n klagte op hierdie stadium kom, gaan 'n persoon van ons distrikskantoor, waarvan ons 13 het, na die betrokke tehuis vir bejaardes. Daar word 'n inspeksie gedoen en in die meeste van die gevalle word 'n persoon van die Departement van Gesondheid en Maatskaplike Dienste ook saamgeneem om daardie verslae daar saam te stel.

Ons beheer hierdie 140 tehuise met betrekking tot 'n subsidie en kan die subsidies van hierdie tehuise en ook van die 166 dienssentrums waarna verwys word nou ook weggeneem word. Dat daar verbetering kan plaasvind, is nie altemit nie. Dat daar wel meganismes in plek is, kan ons ook nie ontken nie.

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, dit is altyd vir my aangenaam om deel te neem aan hierdie soort debat, waar daar regoor partygrense heen ondersteuning vir die saak is. Een van die sake wat natuurlik vir my interessant is, afgesien van om na ons spesifieke tehuise onder ons beheer te kyk, is dat ons ingevolge die Wysigingswet op Bejaardes, ook daarop geregtig is om private bejaardesorg te betree. As die hulpbronne beskikbaar is, moet ons nie daardie spesifieke aspek van monitering vergeet nie, wat baie belangrik is.

Ek sou ook beslis saamstem met baie van wat die agb Leier van die Opposisie ges het. Daar is 'n mate van optimisme dat ons vorentoe kan kyk ten opsigte van die herstrukturering van daardie departement waar ek dink daar 'n mate van hoop vir 'n beter moniteringstelsel is. Ek is bly dat die agb Premier ook die saak opgehaal het, maar ek dink dat dit nou twee maal in die Huis opgehaal is, met inbegrip van hierdie interpellasie. Ons almal, van alle partye - en ek is seker dat ek namens my kollegas kan praat - sal dit op 'n deurlopende grondslag kan moniteer.

Die WAARNEMENDE MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE: Mnr die Speaker, 2% van hierdie gevalle van mishandeling vind wel in die tehuise vir bejaardes plaas. Die res daarvan vind buite plaas. Dit is ook baie keer die familie wat hulself daaraan skuldig maak.

Agb lede is bewus daarvan dat verlede jaar, 1999, die Internasionale Jaar vir Ouer Persone was en daar toe 'n Operasie Respek gemplementeer is. Daardie poging gaan steeds voort en dit word steeds gemoniteer. Ons kry wel klagtes in, dit word deeglik ondersoek en daar word teen alle skuldiges opgetree.

Debat afgesluit.

VRAE

Vir mondelinge beantwoording:

Vraag wat oorstaan van Dinsdag, 7 Maart 2000:

Tenderproses: rol van bou-inspekteurs

*8.	Me T Essop vra die Minister van Vervoer en Werke:


(1) Wat die rol van bou-inspekteurs in die tenderproses is met spesifieke verwysing na die (a) proses, (b) tydsberekening en (c) rol van beramings in die finale bepaling van tenders na die publisering van die finansile aspekte van elke tender;

(2) watter oorsigfunksies oor die inspekteurs uitgevoer word;

(3) of die wentelstelsel beide operasioneel en effektief vir kontrakte vir openbare werke is?

Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, ek beantwoord graag die vraag wat oorgestaan het, en vra om verskoning dat ek op daardie stadium uitstedig was.

8.	(1)	(a)	Die rol van die bou-inspekteur is die bepaling van die begrotingsberaming; die opstel van die tenderspesifikasies en tenderdokumentasie; die vergelyking van die begroting met die tenderberaming; om al die dokumentasie na die tenderafdeling deur te stuur vir advertering; om die tenderaars te evalueer sodra die tenders ontvang en oopgemaak is; en om voorstelle aan die beheer werke-inspekteur te maak, wat op sy beurt voorstelle maak aan die tenderkomitee via die tenderkantoor.

(b)	Die proses begin met 'n prioriteitslys wat voor die begin van 'n boekjaar opgestel word. Die werklike spesifikasies tot en met tendertoekenningstadium beloop tussen 12 en 24 weke. 

(c)	Die beraming word gebruik as 'n riglynsyfer. Sou die algehele trant van tenderpryse wat ontvang is nie die begrotingsyfer ondersteun nie, mag dit opwaarts of afwaarts aangepas word by ontvangs van 'n onafhanklike beraming in ooreenstemming met die goedgekeurde riglyne van die Tenderraad.

(2)	Die beheer werke-inspekteur sien al die dokumente na. Hy voer inspeksies van die dokumentasie, sowel as op terrein, na willekeur uit. Weeklikse beheervergaderings word per direktoraat, sowel as per seksie, gehou. Beheer geskied deur die tenderseksie en -komitee, sowel as finansile beheer deur die finansile afdeling.

(3)	Werke maak nie gebruik van die wentelstelsel wat deur die nasionale Departement van Vervoer gebruik word nie, maar alle tenders onder R20 000 word deur Source Link International geadverteer, en in die Tender Bulletin, om te verseker dat daar voldoen word aan die Tenderraad-regulasies om so wyd as moontlik te adverteer.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek wil graag by die agb Minister van Vervoer en Werke weet of daar tans in sy departement 'n ondersoek aan die gang is ten opsigte van die rol wat bou-inspekteurs moontlik by korrupsie gespeel het.

*Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, die antwoord is ja.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, my opvolgvraag aan die agb Minister van Vervoer en Werke is: neem hy deel aan daardie ondersoeke, is hy versoek om enige verhoor oor die aangeleentheid by te woon, en wie is besig om die saak te ondersoek?

*Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, tans is 'n interne ondersoek aan die gang. Ek is nie ingelig nie, maar ek sal ingelig word sodra die ondersoek afgehandel is.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ...

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid me Essop het reeds haar twee opvolgvrae gestel.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek wil graag by die agb Minister van Vervoer en Werke weet of die Heath-kommissie ondersoek instel na die saak.

*Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, daar was 'n voorval wat die Heath-kommissie ondersoek het. Die voormalige Minister, die agb lid mnr Louis, het daardie voorval na die kommissie verwys. Ek is nie seker of daardie ondersoek nog aan die gang is nie.

Nuwe vrae:

Operasie Goeie Hoop: sake aangemeld
tussen Januarie en Desember 1999

*1.	Mnr D Silke vra die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning:

(1) Of enige sake wat tussen Januarie en Desember 1999 in die provinsie aangemeld is deel van die Operasie Goeie Hoop inisiatief uitgemaak het; so ja, (a) hoeveel, (b) hoeveel tot suksesvolle vervolgings gelei het en (c) hoeveel onopgelos gebly het;

(2)	watter eenheid voort sal gaan om aan die onopgeloste sake aandag te gee?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ons het die vraag in twee gedeel. Die antwoord gaan oor (A) die operasionele eenheid en (B) die ondersoekeenheid.

1.	(A)	OPERASIONEEL

(1) Ja. Die volgende polisie-genisieerde sake wat aangemeld was was deel van Operasie Goeie Hoop se inisiatief. Daar moet in ag geneem word dat elke polisie-genisieerde saak wat gerapporteer word, saamloop met 'n arrestasie. Dit moet ook duidelik wees dat daar reeds sake gerapporteer was gedurende hierdie tydperk, waar Operasie Goeie Hoop se lede arrestasies uitgevoer het, byvoorbeeld waar lasbriewe uitgereik is.
	
SAKE	ARRESTASIES

Moord 		 52
Poging tot Moord		 43
Gewapende Roof		 32
Roof Gewoon		 49
Huisbraak		 89
Diefstal	 131
Diefstal uit Motorvoertuig	 183
Verkragting		 40
Aanranding Gewoon		 43
Aanranding ETB	 130
Besit van Ongelisensieerde Vuurwapen	 255
Besit van Ammunisie		 65
Besit van Verdowingsmiddels		1 442
Ander Misdade	 696
	
(a) 3 251.

(b) Dit is onmoontlik om hierdie vraag te beantwoord ten opsigte van suksesse soos bo verskaf, omrede hierdie arrestasies oral in die Wes-Kaap voorkom en dit word deur verskillende speurtakke ondersoek.

(c) Genoemde sake het arrestasies gepaard gegaan.

(2) Nie van toepassing nie. Sien antwoord by Vraag 1(c).

	(B)	ONDERSOEKEENHEID

(1) Ja.

(a) 490 sake en 64 navrae.

(b) 6 skuldigbevindings en 51 sake met 84 beskuldigdes is in proses van verhoor.

(c) 493 sake. Dit is sake wat nog ondersoek word en moet dus as onopgeloste sake beskou word.

(2)	Ondersoekeenheid - misdade teen die Staat.

PAWK: koste vanwe vandalisme
gepleeg in somerskoolvakansie

*2.	Mnr D Silke vra die Minister van Onderwys:
	
(1) Wat die totale beraamde koste vir die Provinsie van skoolvandalisme vir die tydperk Januarie tot Desember 1999 is;

(2) hoeveel skole deur vandalisme geraak is;

(3) hoeveel van die voorvalle tot suksesvolle ondersoeke en inhegtenisname van vandale gelei het?

Die SPEAKER: Orde! Ek beslis dat vraag 2 oorstaan. Die nasionale Minister van Onderwys het die agb Minister van Onderwys na 'n vergadering van die Komitee van Onderwyshoofde ontbied, en sy wil graag hierdie vraag self beantwoord.

2. Vraag staan oor.

Internasionale Kaapstad Konferensiesentrumkomitee

*3.	Mnr G R Strachan vra die Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme:

(1) Wat die proses was wat aanleiding gegee het tot die samestelling van die Internasionale Kaapstad Konferensiesentrumkomitee;

(2) wat die opdrag van die Komitee is;

(3) of enige botsing van belange of moontlike botsing van belange in die samestelling van die Komitee bestaan;

(4)	watter proses van openbare deelname vir die Komitee se werk geformuleer is?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, die agb lid mnr Strachan is ongelukkig nie hier nie, maar ek dink dat ek beslis ter wille van die openbare belang sal antwoord. Die antwoord is soos volg:

3.	(1)	Daar is in werklikheid nie 'n Internasionale Kaapstad Konferensiesentrumkomitee nie. Niks van di aard bestaan nie. Ek neem aan die vraag verwys na die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum Maatskappy (Edms) Bpk (Convenco). In daardie geval, en slegs met betrekking tot daardie maatskappy, is die volgende inligting van toepassing:

Vir meer as drie jaar het die openbare en privaatsektor daaraan gewerk om 'n wreldklas konvensiesentrum in Kaapstad te vestig. Intensiewe navorsing het getoon dat die ekonomiese voordele vir so 'n sentrum vir die provinsie en vir die stad aansienlik sal wees, veral met verwysing na werkskepping en die verdienste van buitelandse valuta. Hoewel die kapitale koste van sulke sentrums nie oor die kort tot medium termyn verhaal kan word nie, is die daarstelling van so 'n konvensiesentrum vir Kaapstad gekoppel aan die toekenning van die metropolitaanse dobbellisensie.

As gevolg van vertragings in die toekenning van die metropolitaanse dobbellisensie, het Kaapstad en die Wes-Kaap miljoene rand aan inkomste verloor. Vroeg in 1999 het die Kaapstadse Besigheidsektor (Business Cape) begin om die drie openbare sektor owerhede - die Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie, die Kaapse Metropolitaanse Raad en die Stad Kaapstad - byeengekom om saam te werk aan die lewering van die konvensiesentrum.

(2) Die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum Maatskappy (Edms) Bpk, waarna ons verwys as Convenco, is gevorm met die drie openbare owerhede as aandeelhouers. Elke aandeelhouer het twee direkteure genomineer en die Kaapstadse Besigheidsektor het 'n verdere ses direkteure genomineer. Die drie partye het 'n aandeelhouersooreenkoms onderteken. Di ooreenkoms vorm die maatskappy se opdrag. Die totstandkoming van die maatskappy, asook die bydrae van die Provinsie tot die bedryfskoste van die sentrum, is op 5 Mei en 18 Augustus 1999 deur die Kabinet goedgekeur.

(3) Die maatskappye wat aansoek gedoen het vir die metropolitaanse dobbellisensie, het voorgestel om 'n bydrae te lewer of om self die konvensiesentrum te bou - ek dink nie almal van hulle nie, maar vier van hulle. Nadat Sunwest as die voorkeur bier vir die metropolitaanse dobbellisensie verklaar is, het Convenco met hulle onderhandel om hul bydrae van R140 miljoen te maak as deel van hul bod tot 'n groter konferensiesentrum by te dra as wat hulle beplan het om te bou op die perseel in die Strandgebied wat hulle van die stadsraad bekom het.

As gevolg van die bydrae van R140 miljoen tot Convenco, is Sunwest 'n minderheidsaandeelhouding sonder stemregte aangebied. Die drie openbare owerhede hou die meerderheid van aandele. Geen besluite mag geneem word sonder die goedkeuring van al drie openbare sektor owerhede nie.

Die raad van die maatskappy is tevrede dat daar nie 'n konflik van belange bestaan ten opsigte van enige lid van die raad of enige personeellid nie. Die normale wettige verpligtinge aangaande konflik van belange is van toepassing op alle lede van die raad en ander besluitnemers van die maatskappy.

(4) Die openbare deelname sal uitgevoer word in terme van die Environmental Impact Assessment-proses (EIA), wat beide die natuurlike omgewing en sosiale aspekte behels.

In terme van die kommunikasie-strategie is 'n inter-aktiewe webblad daargestel waar alle dokumentasie en uitnodigings tot deelname in enige aspek van die voorgestelde konvensiesentrum beskikbaar is. Alle stappe tot die oprigting van 'n konvensiesentrum, word wyd geadverteer in die plaaslike en in die nasionale pers.

Verder, ingevolge die ooreenkoms wat aangegaan is tussen Sunwest en die drie openbare sektor aandeelhouers, sal die finansile bydrae van die Provinsie tot die maatskappy deur die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement geratifiseer word.

Affirmative Business Enterprises: opkomende maatskappye

*4.	Mnr G R Strachan vra die Minister van Vervoer en Werke:

(1)	Hoeveel opkomende maatskappye daar op die Affirmative Business Enterprises (ABE) lys is wat vir tenders vir openbare werke saamgestel is;

(2) of enige maatskappye op die lys kontrakte gekry het; so ja (a) hoeveel en (b) wat die totale waarde van di tenders is;

(3)	of enige maatskappye op die lys wat provinsiale kontrakte gekry het versuim het om die bepalings van die kontrakte na te kom en (b) waarom?

*Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE:

4.	DEPARTEMENT VAN VERVOER

(1)	Die huidige lys gepubliseer deur die Provinsiale Tenderraad bevat 250 maatskappye.

(2)	Daar is net een kontrak toegeken op die "Preference Procurement"-basis, met 'n totale waarde van R241 499,79.

(3)	Die voorgenoemde kontrak is sonder enige probleme afgehandel.

DEPARTEMENT VAN WERKE

(1) Daar is 278 maatskappye op die ABE-lys.

(2)	(a)	Kontrakte is aan 152 maatskappye op die ABE-lys toegeken.

(b) Die totale waarde van di tenders beloop R30 miljoen.

(3)	(a)	20 van die maatskappye op die lys het versuim om die bepalings van die kontrakte na te kom.

(b) Die redes daarvoor is finansile probleme, versuim om waarborge in te handig en versuim om kontrakvoorwaardes na te kom.

Provinsiale Omgewingskommissaris: aanstelling

*5.	Mnr M Ozinsky vra die Minister van Omgewing- en Kultuursake:

(1) Wanneer die Provinsiale Omgewingskommissaris aangestel sal word;

(2) watter proses gevolg sal word met di aanstelling?
*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE:

5.	(1)	Wetgewing wat die funksies van die Provinsiale Omgewings-kommissaris vestig, is in finale konsepstadium. Ek hoop om dit later vanjaar aan die Wes-Kaapse Parlement voor te l. Die aanstelling van die Omgewingskommissaris sal in alle waarskynlikheid voor Desember vanjaar plaasvind.

(2) In artikel 3 van die konsepwetgewing word daar voorsiening gemaak dat die Premier, ooreenkomstig artikel 75(2) van die Grondwet van die Wes-Kaap, 'n Omgewingskommissaris mag aanstel wat behoorlik benoem en goedgekeur is deur die Provinsiale Parlement.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake graag vra of hy - in die lig van die feit dat die DP daarop aangedring het dat dit in die Grondwet ingesluit word - dink dat daar 'n lang vertraging in hierdie proses was.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ek stem met die agb lid mnr Ozinsky saam, daar was 'n vertraging. Die vertraging is ook vroer vanjaar deur finansile beperkinge veroorsaak, omdat ons beplan het om bruin kwessies te ondersoek en daaraan aandag te gee, en ek het dit oorweeg om die aanstelling uit te stel totdat ons na daardie kwessies gekyk het. Ingevolge ons nuwe Begroting, waar ons aandag gegee het aan bruin kwessies deur die toewysing van 'n begroting daaraan, kan ons nou met die aanstelling voortgaan.

Oorgangsrelings vir Unistad: fondse

*6.	Mnr P C McKenzie vra die Minister van Plaaslike Regering:

Wat die besonderhede rakende die gebruik van die fondse is wat vir die oorgangsrelings vir die skep van 'n Unistad begroot is?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING:

6.	Mnr die Speaker, daar is nie vir oorgangsmaatrels begroot met betrekking tot die instelling van die unistad nie, behalwe die standaard item Personeel, in Pos 8, Beplanning, Plaaslike Bestuur en Behuising. Dit is vervat in Program 4 van Plaaslike Regering, waaronder transformasie geakkommodeer word. Die bedrag beloop R2,9 miljoen.

Bonteheuwel Polisiestasie

*7.	Mnr P C McKenzie vra die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning:

(1) Of die bou van die Bonteheuwel polisiestasie op die prioriteitslys verskyn; so ja, (a) waar dit op die lys verskyn en (b) wanneer dit gebou sal word;

(2) of grond vir die bou van die polisiestasie beskikbaar gestel is; so ja,
		waar dit gele is?
*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING:

7.	(1)	Ja.

(a) Vierde.
(b) Onbekend.

(2)	Onbekend.

Plaaslike Padvervoerraad

*8.	Mnr L Ramatlakane vra die Minister van Vervoer en Werke:

(1) Of die Plaaslike Padvervoerraad hervorm is om die grondwetlike vereistes na te kom ; so nie, waarom nie; so ja, wat die besonderhede is;

(2) wie tydens die Raadsvergaderings voorsit;

(3) hoeveel die vergaderings die Provinsiale Regering kos;

(4) of al die openbare vervoeroperateurs in die netwerk by die tender en/of kontraktering betrokke was; so nie, waarom nie; so ja, watter operateurs betrokke was?

*Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE:

8.	(1)	Die hervorming van die Plaaslike Padvervoerraad (PPVR) is een van die Tak Vervoer se prioriteite vir hierdie jaar. Die hervorming van die PPVR is teruggehou terwyl die transformasie van die minibus-taxi-industrie onderweg was. Die Tak Vervoer het wel 'n besigheidsplan saamgestel vir die hervorming van die PPVR. Die implementering van hierdie besigheidsplan sal oor die volgende maande geskied en sal afskop met die publikasie van advertensies waarin nominasies vir persone om as raadslede te dien, aangevra word.

(2) Raadsvergaderings word deur die huidige voorsitter van die PPVR, mnr B Miskey gelei.

(3) Die vyf raadslede word R490 per vergadering betaal. Die voorsitter van die raad word R648 per vergadering betaal.

	(4)	Tenders vir openbare vervoerkontrakte in die Kaapse metropolitaanse gebied word tans nog opgestel as 'n gesamentlike inisiatief tussen die nasionale Departement van Vervoer, die Provinsiale Tak Vervoer en die Kaapse Metropolitaanse Raad saamgestel.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek wil graag 'n opvolgvraag stel. Wat die tenderproses vir openbare vervoer betref, maak klein en medium ondernemings deel uit van die proses van die ontwikkeling van die inhoud van die tenderdokument?

*Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, is dit 'n opvolgvraag?
*Mnr L RAMATLAKANE: Ja. Dit is 'n opvolgvraag oor die professionele verslag.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, kan die agb lid mnr Ramatlakane asseblief die vraag herhaal?

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, my opvolgvraag is: wat is die rol wat klein en medium ondernemings in openbare vervoer in hierdie stadium vervul in die ontwikkeling van die inhoud van die tenderdokument?

*Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, kan die agb lid mnr Ramatlakane aandui of hy na Werke of Vervoer verwys wanneer hy oor klein en medium ondernemings praat wat vir werk tender?

*Mnr L RAMATLAKANE: Vervoer.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, wat Vervoer betref - en die agb lid is bewus hiervan - word klein en medium ondernemings oorweeg en is hulle op 'n lys geplaas. Wanneer kontrakte ook al toegeken word, voer konsultante samesprekings met die klein en medium ondernemings en sekere take met 'n waarde van minder as R20 000 word spesifiek vir hulle opsy gesit. Die opgradering van Meiringspoort was byvoorbeeld 'n groot kontrak vir die sogenaamde ABE, sowel as 'n kontrak vir klein en medium ondernemings.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, die eerste deel van die vraag het inderdaad vir besonderhede van die sakeplan gevra. Ek wil die agb Minister van Vervoer en Werke graag vra wanneer die sakeplan beskikbaar sal wees om onder die loep geneem te word.

*Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, die agb lid mnr Ramatlakane sal onthou dat 'n sakeplan reeds opgestel is toe hy in die departement was. 'n Sakeplan is beskikbaar en ek kan die agb lid van 'n afskrif voorsien.

Onroerende eiendomme/bates: lys

*9.	Mnr L Ramatlakane vra die Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme:

	Of die lys van onroerende eiendomme/bates vir beskikking gefinaliseer is; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter eiendomme/bates en (b) wat die huidige waarde van elke sodanige eiendom is?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME:

9.	Nee. Die eiendomsinligting wat in die eerste konsep van die eiendomsregister ingesluit is - ek dink daar is begin daarmee toe die agb lid mnr Ramatlakane die Minister verantwoordelik vir daardie portefeulje was - is nie geverifieer voordat dit op die Merlin-eiendomstelsel aangeteken is nie. Alle eiendomme wat moontlik provinsiale eiendomme kon wees, is destyds in die stelsel opgeneem. Gevolglik is eiendom wat nie aan die Provinsie behoort het nie, ook ingesluit. Dit het byvoorbeeld eiendom ingesluit waarop skole deur die Provinsiale Regering opgerig is, maar waar die eiendomme self nie deur die Provinsiale Regering gekoop is nie. Dit is ook in die stelsel opgeneem, asook 'n groot klomp eiendomme wat in die naam van die RSA geregistreer behoort te wees.
	Dit was dus nodig om 'n volledige oudit te doen om te verseker dat al die eiendomme wat in die stelsel ingesluit is, inderdaad kragtens die Grondwet aan die Provinsie behoort.

	Mnr die Speaker, ek wil 'n oomblik hier stilstaan deur te s dat, soos die agb lid weet, die Tussentydse Grondwet van 1993 die maatstawwe uitgespel het vir die verdeling van eiendomme tussen die verskillende regeringsfere. Dit is dus 'n kwessie dat daardie bepalings uitsluitsel gee oor waar dit vestig, en op grond daarvan moet 'n mens dan die eiendomme identifiseer en kategoriseer en op jou register insluit. Ons glo dat kategorisering 'n absolute voorvereiste is - en dit maak logies sin - voordat ons kan uitkom by 'n volledige lys van eiendomme waaroor beskik kan word.

	Die heroudit van tussen 8 000 en 10 000 eiendomme het in Januarie 2000 'n aanvang geneem. Ek het verlede jaar aan die Huis verslag gedoen oor die proses wat ons gevolg het toe ons tenders daarvoor toegeken het, en die proses is aan die gang. Ons verwag dat dit teen die einde van Mei 2000 afgehandel sal wees.

	Ek kan die agb lid ook inlig dat ons, in plaas van om een konsultant te gebruik, die ouditproses streeksgewyse hanteer. Ons het plaaslike mense in die verskillende streke gebruik om die oudits daar uit te voer ten einde dit te bespoedig, en ook omdat hulle meer vertroud sou wees met die terrein in hul ampsgebiede. Die konsultante moet ook die aansoeke voltooi vir die Item 28(1)-sertifikate - waarmee die agb lid ook vertroud is - ten einde die proses te bespoedig. Al die sertifikate sal teen Oktober 2000 saamgestel wees.

	Die uitreiking van die sertifikate, soos die agb lid weet, hang egter nie van ons af nie; die samewerking van die nasionale departemente is daarvoor nodig. Ons glo dat dit tot in 2002 kan voortgaan vanwe die volume daarvan. Dit sal ons egter nie daarvan weerhou om eiendomme wat geoormerk is vir voorkeur-beskikking vinniger af te handel en te probeer om hul sertifikate eerste te kry nie. Ek hoop dat dit die agb lid sal help.

	(a) en (b) val weg in die lig van die voorafgaande antwoord.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek wil graag 'n opvolgvraag stel. Kan die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme aan ons s waar onroerende bates in die vorm van huise en woonstelle in uitsoekgebiede gele is en of hulle waardeer is?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, dit is sekerlik deel van hierdie proses. Hoewel private eiendomme oor 'n groot terrein versprei is, het ons 'n goeie idee van waar die is omdat ons 'n hele paar van hulle administreer. Teen die einde van Mei sal ons presies weet waar hulle almal gele is.

Ons het nie 'n spesifieke soort eiendom van die ander gesoleer vanwe die funksionele gebruik daarvan nie; dit is alles deel van dieselfde tenderproses.

Mnr A ISMAIL: Mnr die Speaker, ek wil graag 'n vraag vra voortspruitend uit die antwoord wat die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme verskaf het. Ek wil graag weet of die eiendomme wat nou op die lys van verkope gaan wees, of die vroere deregistrasies, verkoop word aan die hand van enige provinsiale beleid. Verder, is so 'n dokument al voltooi?

Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek het onlangs in SKOF, toe die voorsitter van die staande komitee nie teenwoordig was nie, breedvoerig op di bepaalde saak uitgebrei. Ons het reeds redelik ver gevorder met die dokumente om 'n beleidsraamwerk te skep.

Daar bestaan egter wel 'n statutre raamwerk wat my voorganger, die agb lid mnr Louis, in plek gestel het. As ek reg onthou, het hy die Wes-Kaapse Wet op Grondadministrasie van 1998 op die Wetboek geplaas, wat ook natuurlik in terme van 'n beleidsraamwerk daargestel is. Enige eiendom wat op die oomblik van die hand gesit word, vind plaas in terme van daardie wetgewing wat die huidige beleid is. Dit is 'n prosesbeleid, nie 'n normatiewe beleid oor hoe ons bepaalde eiendomme wil hanteer nie. Dit is natuurlik 'n aansienlik moeilike vraag teenoor die prosesvraag. Ek het die staande komitee op daardie stadium ingelig, en ek doen dit graag weer. Ons het redelik ver daarmee gevorder.

Nywerheidskoolgebou: Elsiesrivier

*10.	Me M G Vantura vra die Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme:

(1) Of die onbesette gebou, tussen Francie van Zijl- en 16de Laan in Leonsdale, Elsiesrivier, wat voorheen as 'n nywerheidskool vir meisies tot in 1993 gebruik is die eiendom van die Provinsiale Administrasie van die Wes-Kaap is; so ja, wat die instandhoudingskoste is;

(2) of die gebou tans beveilig word; so nie, waarom nie; so ja, teen watter koste;

(3) of daar enige versoeke van die gemeenskap was om die gebou vir kulturele of verwante doeleindes te gebruik; so ja, teen watter koste dit verhuur sal word;

(4) of die departement in die geval van 'n verhuring aandag sal skenk aan die nodige herstelwerk indien dit versoek sou word?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME:

10.	(1)	Nee, die eiendom is huidiglik geregistreer in die naam van die Republiek van Suid-Afrika . Die gebruik van die eiendom, Erf 17896, as 'n nywerheidskool vir dogters is in 1993 beindig. Op 15 Augustus 1994 het die Departement van Onderwys afstand gedoen van die eiendom ten gunste van die nasionale Departement van Openbare Werke. Op 18 Oktober 1994 het die Departement van Openbare Werke ingestem om dit vir die Wes-Kaapse Provinsiale Regering te reserveer, ingevolge die voorsiening wat ek beskryf het in antwoord op die vraag wat die agb lid mnr Ramatlakane gestel het.

		Op 21 Oktober 1999 was aansoek gedoen vir die uitreiking van 'n item 28(1)-sertifikaat ten einde die titelakte ten gunste van die Wes-Kaapse Provinsiale Regering te endosseer. Die aansoek was vervolgens deur die nasionale Departement van Openbare Werke teengestaan. Geen instandhoudingskoste is aangegaan nie.

(2)	Ja. R9 724,20 per maand word spandeer ten opsigte van sekuriteitsdienste. In hierdie provinsie bestee ons 'n geweldige klomp geld aan die beveiliging van geboue - om die waarheid te s, miljoene rand.

(3) Ja. Verskeie organisasies het belanggestel in die gebruik van die eiendom vir jeugprojekte sowel die SAPD. Gemeenskapsorganisasies het aanbiedinge voorgel, waarvan die hoogste aanbod R100 per maand was, wat alles duidelik ver laer was as markverwante huurgeld, wat nie noodwendig die huurgeld is wat ons wil vra nie.

Weens die feit dat die geboue as gevolg van vandalisme beskadig was, sal ho koste aan herstelwerk bestee moet word sou die eiendom verhuur word. Indien die eiendom verkoop word, wat die voordeligste opsie is, sal die koper verantwoordelik wees vir opgradering, ingevolge die normale wetlike vereistes.

(4)	Sou die Wes-Kaapse Provinsiale Regering suksesvol wees om eiendomsreg te bekom en die eiendom word nie vir provinsiale doeleindes benodig nie, mag dit verkoop of teen markverwante huurgeld en op ooreengekome voorwaardes ten opsigte van herstelwerk wat gedoen moet word, verhuur word.

Die grondliggende probleem met hierdie eiendom is dat dit nie in ons naam geregistreer is nie en daar is 'n dispuut met die nasionale Departement van Openbare Werke oor of dit inderdaad in ons naam geregistreer behoort te word.

Mnr H A LEWIS: Mnr die Speaker, ek wil graag weet of die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme moontlik weet of die gebou deel is van 'n reeks geboue en eiendomme wat aan 'n trust behoort en wat onder die jurisdiksie van die nasionale Minister van Justisie val.

Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, die antwoord is nee.

Buitelandse kantoor: Landbou

*11.	Me L N Phike vra die Minister van Landbou:

(1) Wanneer die behoefte vir 'n buitelandse kantoor vir landbou ontstaan het;

(2) wat die doelwitte van so 'n kantoor is;

(3) of 'n kosteberaming gedoen is; so ja, wat die besonderhede is;

(4) wanneer die kantoor sal open;

(5) hoeveel persone aangestel sal word en wat hulle posvlakke sal wees?
Die MINISTER VAN LANDBOU:

11.	Die projek is net in beplanningsfase, en geen fondse is nog daaraan bestee nie. Daar is dus niks op die tafel nie, behalwe die identifikasie van 'n ware behoefte vir landbou, 'n behoefte wat oor baie jare heen as 'n noodsaaklikheid bewys is. 

Ons produkpryse en kwaliteitriglyne word nou op 'n globale vlak bepaal. Ons moet 'n teenwoordigheid h op die regte tyd, die regte plek en met die regte inligting. Die Wes-Kaap as provinsie is die sterkste uitvoer-provinsie in Suid-Afrika, en verdien dieselfde fasiliteite in Europa as ons nabygele kompeteerders in die Suidelike Halfrond. 

As 'n uitvoer georinteerde provinsie, moet die Wes-Kaap tydige toegang h tot die modernste tegnologie wat oorsee ontwikkel word, en gereelde kontak h met nuwe ontwikkelinge, soos bemarkingsneigings in die Europese Unie. 

Die Kabinet sal in 'n later stadium genader word om 'n projek in hierdie verband goed te keur, waarskynlik deur op 'n ad hoc-basis in 'n eerste stadium sekere konsultante vir sekere aktiwiteite aan te wys. As die behoefte aan inligting deur hierdie kanaal die aanwysing van 'n permanente verteenwoordiger vir die Wes-Kaapse landbougemeenskap regverdig, sal dit oorweeg word. 

Die Landbou-Navorsingsraad het in 1999 bestaande landboukantore in Europa en die VSA gesluit. Die saak sal nou in diepte bespreek word, onder meer met die Kantoor van die Premier, om 'n strategie in die verband te formuleer. Gedetailleerde vrae sal eers beantwoord kan word as en wanneer die Kabinet so 'n projek oorweeg het.

Me L N PHIKE: Mnr die Speaker, ek wil graag die agb Minister van Landbou vra of relings getref is, want blykbaar word dit beplan, maar sal ons kennis dra van wanneer hulle sal begin ...

Die MINISTER VAN LANDBOU: Mnr die Speaker, daar is geen relings tot op hierdie stadium getref nie. Soos ek ges het, dit is in 'n beplanningsfase en ons sal vir die Huis inlig nadat die Kabinet dit oorweeg het, indien ons wil voortgaan met so 'n beplanning.

Debat afgesluit.


270	DINSDAG, 14 MAART 2000



	DINSDAG, 14 MAART 2000	269



252	DINSDAG, 14 MAART 2000


